Eendag is daar

Hierdie boek bied ’n modernisering van die bekendste sprokies en bring nuwe sienings van onsself, nuwe werklikhede en nuwe plekke.

Dit is ʼn kombinasie van karakters, verhale en ruimtes, dit is plesierig, humoristies, eie aan ons wêreld en tyd. Naby aan ons lyf en lewe, omdat ons die foute van die verlede opnuut besef, en opnuut weet dat mense mekaar nodig het, dat mense kan verander, dat die slegte weer goed kan word, dat ons mekaar kan en moet vergewe ter wille van die mens en die wêreld se voortbestaan.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Geillustreerde boek, Komedie, Satire
Tags: Aanbeveling, Illustrasies, Satire
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2021
Format: Sagteband / ePub / Mobi
Illustrator: Biano Hendricks
Rating:

List Price: R270.00
eBook Price: R130.00
Order Now
About the Author
Ernest Loth

'n Nuwe digter wat in die grendeltyd sy debuut gemaak het, is die oud-onderwysman en dramaturg van die Paarl, Ernest Loth. Hy skilder al vir ʼn geruime tyd en het nou ook weer die kwas van die esel afgehaal. Hierdie gedigte skryf hy tussen 27 Maart en 30 April 2020 – ‘toe die digter saam met die hele Suid-Afrika en die res van die wêreld afgesonder was.’

Van sy dramatekste verskyn in ʼn gesamentlike bundel met George Weideman, Klaas Steytler en Hennie Aucamp.