Verjaardagseuntjie

Verjaarsdag Seuntjie is die eerste boek uit ʼn reeks van ses boekies.

Verjaarsdagseuntjie handel oor ʼn gesin wat sestien kinders van die kinderhuis nooi om hul seuntjie se verjaarsdag saam te vier.

Wat ʼn wonderlike ervaring vir al die kinders en die versorgers. Die aand se verjaarsdagviering en die kinderlaggies wat deur die gebou weergalm, word in hierdie boekie uitgebeeld.

Die boekie verduidelik ook wat ʼn kinderhuis is, wie daar werksaam is, die bestuur en personeel.

Dit bestaan uit verkeie kleurvolle illustrasies en kinders kan ook sekere sketse inkleur. Vrae word ook aan die leser gestel en nuwe woorde word uitgelig.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Tags: Illustrasies, Kinderboek
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2022
List Price: R110.00
Order Now
About the Author
Charmaine Ingram

Die skrywer van die reeks boeke, Charmaine Ingram, was ook verantwoordelik vir die samestelling daarvan.
Charmaine was ’n baba, haar sus ses jaar oud en haar twee boeties onderskeidelik twee en vier jaar oud toe hulle in ’n kinderhuis geplaas is.
Charmaine is die ma van twee seuns en ’n dogter en het drie kleinkinders.
Na haar man se dood het sy as ’n versorger, in die kinderhuis waar sy grootgeword het gaan werk. Dit was hier waar sy die kinderhumor saam met die kinders beleef het.
Deur die boekies wil sy graag uitreik na kinderhuiskinders, en vir hulle ’n beter toekoms aanbied.