Jan-sê-nou-net

Jan-sê-nou-net is vir alles bang, om elke hoek en draai is daar iets wat hom wil vang.

Sal hy homself kan red, van wegkruip in die bed?

Hierdie kinderboek is vol pret. Jan leer gou dat dit waarvoor hy so vrees, eintlik nie so erg is nie en vind pret in elke bangmaak-ding.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Geillustreerde boek, Kinderlektuur
Tags: Aanbeveling, Illustrasies, Kinderboek
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2022
Format: Sagteband | ePub | Mobi
Length: 36 pages
Illustrator: Hazel Schoeman
Rating:

List Price: R160.00
eBook Price: R95.00
Endorsements
Pragtige geïllustreerde kinderboek en kundig geskryf. Riekie Greyling toor met rym en skep 'n verhaal waaruit 'n kleuter 'n mooi les leer.
– Mona Cronje
Order Now
About the Author
Riekie Greyling

Riekie Greyling se liefde vir skryf het begin nog voordat sy skool toe is. Haar ouer broer het geduldig, elke middag wanneer hy van die skool af kom, haar leer skryf. So het die lewenslange liefde vir woorde, skryf en lees begin. Stories laat jou droom, nuwe plekke ontdek, mense ontmoet, avon-ture beleef.  Dit laat jou toe om meer as een lewe te leef.

Kayla en die smokkelaars is haar tweede jeugverhaal wat die eerste boek is in ’n toekomstige reeks. Haar eerste gewilde jeugverhaal, Nie alle vampires skitter nie, het reeds verlede jaar verskyn, asook haar kinderboek, Jan-sê-nou-net.