Marika du Toit-van Heerden is ‘n opgeleide maatskaplike werker. Sy het groot geword in Namibië. Haar liefde vir die natuur en veral die uitdagende dele waar die mens ontbering in die oë staar en genoodsaak is om ‘n geharde lewe te lei, asook die mens se veerkragtigheid, inspireer haar. Sy tree die afgelope 13 jaar as motiveringspreker op met haar stories as bron. Hierdie bundel bevat vertellings en stories oor haar ervarings en verhoudings in die Boesmanland, die Karoo en ook haar liefde vir Namibië en die woestyn.
Daar’s sand in my are
R170.00
Hierdie bundel neem die leser op ’n roete deur die Boesmanland, die Karoo en Namibië. Ontmoet wonderlike karakters en ervaar die ritme en die grasie van die natuur, die mens en dier.
More info →