Nie alle vampires skitter nie

Wat sal jy doen as die onmoontlike gebeur?

Drake se grootste wens is om op die skool se kriekettoer te kan gaan, maar dit is duur - baie duur. Die werk as usher by ‘n obskure teater lyk na ‘n goeie plan. Totdat dit nie meer is nie …

Hy word vasgevang in ‘n nagmerrie van gevaar, vampires en vreesaanjaende slapendes.

Sal hy die onmoontlike oorleef?

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Aksie, Avontuur, Jeug/Tiener verhaal
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2022
Format: Sagteband | ePub | Mobi
Rating:

List Price: R140.00
eBook Price: R90.00
Order Now
About the Author
Riekie Greyling

Riekie Greyling se liefde vir skryf het begin nog voordat sy skool toe is. Haar ouer broer het geduldig, elke middag wanneer hy van die skool af kom, haar leer skryf. So het die lewenslange liefde vir woorde, skryf en lees begin. Danksy haar ma het die dorpsbiblioteek ‘n gunstelingplek geword. Teen die ouderdom van twaalf het sy reeds alles gelees wat in die Kinderbiblioteek beskikbaar was en moes sy die bibliotekaresse soebat om haar in die afdeling vir volwassenes toe te laat. Stories laat jou droom, nuwe plekke ontdek, mense ontmoet, avonture beleef. Dit laat jou toe om meer as een lewe te leef. “Oh, the places you’ll go!” (Dr. Seuss)