
Foto’s en prente vertel ʼn storie deur die oog van ʼn fotograaf of kunstenaar.
PRENTE IN MY KOP wek emosies, misterie en soms ʼn absurditeit wat jou gedagtes stimuleer, dit skep beelde en roep herinneringe op.
Die skrywer verwerk hierdie indrukke en omskryf dit in verhale waarin alledaagse gebeure ʼn wedergeboorte ervaar. Herinneringe uit die skrywer se kinderdae op sy tuisdorp word veral in besonder beskryf in sy verhale – Witter as sneeu en Ma kan toor.
Elke kortverhaal word met ʼn foto geplaas sodat die leser die verhaal daarmee kan vereenselwig.
PRENTE IN MY KOP – Die skrywer kombineer fotografie wat elke verhaal geïnspireer het. Die verhaal, KAGGEN, ontvang ‘n Chris Barnard Literatuur benoeming in 2020.
Elke verhaal trap diep spore by die leser, maar openbaar ook herinneringe van die skrywer se jeug, die mense om jou en die natuur in verskeie opsette.
Moenie hierdie boek onderskat nie – dit is ‘n kunswerk op sy eie met bypassende foto’s wat elke verhaal geïnspireer het. Dit is ook selde dat ‘n mens ‘n boek raakloop wat met soveel sorg in taalgebruik gepubliseer word.
UITTREKSEL: Prente in my kop
Die veld lê doodgewurg; krake kronkel deur klei en kalkgrond, gebarste waterslote en rivierlope. Verrimpelde boomwortels kruip uit die grond op soek na nat – net stof en wind wat haarwortels dorser maak. Skilpad het sy huis verlaat – opgevreet deur jakkals se kind – net ’n wit dop waarin ’n veldmuis skuiling soek uit die warm somerson.
Op sy plaas in die koelte van ’n stoep, sit boer en betrag die kaal aarde. Hy en die bidsprinkaan roep vir reën.
Die skape het bloubek van duwweltjies vreet, Here.
As die reëngogga net sy verskyning kan maak, maar hy kruip weg onder die klippe – bid self vir ’n nagsê onweer – wanneer die reën se reuk saam met ’n flikker in die lug hang. Dan kan platlyf toktokkie in die nat grond baljaar, sy rooi fluweel vol modder kaperjol.
Genre: Kortverhaalbundel
Tags: Benoeming, Hoog aanbeveel, Stergradering: Silwer
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2019
Format: Sagteband | eBook | Mobi
Length: 137 bladsye
ASIN: B089S3KS7P
ISBN: 9798651896806
Rating:
List Price: R150.00
eBook Price: R50.00

Nico Schamrel is gebore en getoë op Uitenhage. Van sy kortverhale verskyn in verskeie keurbundels. Nico ontvang ook 'n benoeming van Croyez Literêre Toekennings vir sy kortverhaal – By Mooirivier se brug – wat in sy debut bundel, Engela, opgeneem is. In 2020 ontvang hy die Chris Barnard Prys benoeming vir sy kortverhaal – Kaggen – wat opgeneem is in sy bundel Prente in my kop.
In 2021 ontvang hy twee benoemings van INK-skryf in Afrikaans vir twee van sy gedigte wat gepubliseer is in 'n gesamentlike digbundel.
Nico Schamrel is ook die stigters lid van PENdit.za - 'n platform wat geskep is om talentvolle skrywers te help en ter ontwikkeling van die Afrikaanse verhaalkuns.
Ns. Skrywershuis is ook deur Nico Schamrel gestig om talentvolle skrywers te help om hul skrywes te publiseer.
Van Nico se skrywe word voorgelees oor Kaapstad Radio en in leesbeeld uitgesaai op Net Afrikaans (TV).
Hy is nie net 'n uitgewer en skrywer nie, maar soms ook beoordelaar, grafiese ontwerper, digter en resensent.

