As uitgewer kan ons jou help om onafhanklik jou boek te publiseer. Ons beskou onsself as die argitek van jou publikasie. Om ’n huis te bou, benodig ’n bouer planne. Om ’n boek te publiseer, word ook planne benodig. Ons beskik oor daardie planne.

Die basis van ’n suksesvolle boek is die inhoud. As jou uitgewer, verseker ons dat jou manuskrip voldoen aan ’n hoë standaard deur puik teksversorging. Foute in ’n manuskrip is hinderlik, dui op ’n onprofessionele produk en reflekteer negatief op jou as die skrywer.

Wanneer die fondament gelê is, bou ons verder om jou boek ’n spogproduk te maak wat uitstaan. Wie wil in ’n lelike huis bly met gekraakte mure en ’n dak wat lek? Jou omslag is jou toonvenster en daarom ontwerp ons ’n puik omslag wat aandag trek. Ons sien jou omslag as ’n spoghuis waarna mense kom kyk, bewonder en aanklop om die binneversiering te sien.

Dit is ook vir ons as jou uitgewer, belangrik dat jou tuin aanloklik is. Jou sinopsis of lokteks word goed afgerond en gemanikuur om die koper se nuuskierigheid te prikkel. Ons maak seker dat jy trots is op jou produk en met selfvertroue daarmee kan spog.

’n Voltooide boek kom tot sy reg wanneer dit soos ’n kunswerk uitgestal word. As jou uitgewer, plaas ons jou boek op ’n rak in ons aanlynwinkel, maar ons vergeet nie daarvan nie. Ons spog verder! Jou boek word wyd en syd bemark en tentoongestel.

Wil jy intrek in jou skrywershuis? Klik op die skakel vir meer inligting.