BOEKBEKENDSTELLING
Titel: Eenswaan Skrywer: Karien de Wet Jacobs
Uitgewer: Ns. Skrywershuis www.nskrywershuis.co.za
Prys: R85.00 (eBoek) / R150.00 (sagteband)
Bestel hier: http://nskrywershuis.co.za/product/eenswaan/
Waarborg: ALLE BOEKE wat deur Ns. Skrywershuis te koop aangebied word, is PGM-boeke (Professionele Geredigeerde Manuskrip) en voldoen dus aan hoë standaard van goeie Afrikaanse Literatuur.
Sinopsis: Karin en haar verloofde, Deon, is op pad na ’n troue op ’n wildsplaas, duskant haar geboortedorp, Oudsrus.
Gedurende die naweek, word onderdrukte gevoelens weer aangewakker deur ’n man uit haar verlede. Sy twyfel oor haar verlowing en voor sy ’n besluit kon neem, gebeur die onafwendbare.
Sy moet kies tussen getrouheid of haar eie geluk. ’n Vakansie na Rooiboshoek mag dalk net die antwoord bied.
Die skrywer: Karien se liefde vir liefdesverhale, het reeds van jongs af ontwikkel.
Sy is ’n dromer en glo dat die lewe ingekleur kan word in verskillende skakerings van liefde. Haar eerste boek – Drome in Realiteit – handel oor drome wat kan realiseer.
Deur haar studies in sielkundige-berading en die stories in haar kop, gee sy haar negatiewe lewenservaringe ’n gelukkige en hoopvolle eindes.
Sy is baie lief vir die see en berge, kunsvlyt, lees en versot op flieks en tv-reekse, waar sy haar kan inleef in ’n ander wêreld.
Karien se liefde vir liefdesverhale, het reeds van jongs af ontwikkel.