May
25
2021
0
SELFPUBLIKASIE – hoe nou gemaak?
Jy tik die laaste woorde: Die einde. Jou manuskrip staar na jou en jy blaas jou laaste asem uit – nie letterlik nie, net figuurlik – ’n slaag van verligting. Jy het maande voor jou skootrekenaar deurgebring en soms weens ondervoeding, weggekwyn. Jou dae was gevul met kafeïenwalms en vitamienpille, jy was gebombardeer met skeisake en die kinders het gedreig om weeshuis toe te trek. Noudat alles voltooi is, ontwaak jy uit hierdie manuskrip-wêreld en jy besef dat jy iewers ’n publiseerder moet vind.
Wat nou gemaak?
Jy kan een van drie hoofroetes volg:
- Die tradisionele publikasie
- Selfpublikasie (of onafhanklike publikasie)
- Selfpublikasie deur ’n kreatiewe uitgewer of kleiner uitgewers
- Die skrywer besit alle materiaal en outeursreg. Van die omslagontwerp tot die drukgereed-lêers en die filmregte wat daardie lokettreffer tot gevolg gaan hê: dit behoort alles aan jou. Indien jy wel van kleiner uitgewer gebruik maak, mag hierdie voordeel wegval. Sommige kleiner uitgewers verlang dat jy ’n kontrak teken.
- Die skrywer se tantième word vermeerder. Selfgepubliseerde skrywers wat hul boeke by Ns. Skrywershuis publiseer, ontvang 70% tantième in vergelyking met die ongeveer 10% tot 15% via tradisionele uitgewers.
- Die skrywer is ten volle in beheer – selfs oor die finansiële uitgawes. By Ns. Skrywershuis kan jy reëlings tref om jou van hulp te wees om die geld-juk ligter te maak. Ons almal probeer kop bo water te hou!
- Die tydlyn voor publikasie is aansienlik korter.
- Niemand sal jou vertel dat jou werk nie goed genoeg is om te publiseer nie – ongelukkig. Skynuitgewers verwelkom enige manuskrip en die teksversorging is nie van die beste gehalte nie. Onthou, jy mag dalk ’n foutlose manuskrip voorlê wat tussen ander swak boeke verkoop word. Jou reputasie lei daaronder – manlief en die kinders verander hulle van en die hond trek bure toe.
- Teksredigering deur ’n professionele proefleser
- Omslagontwerp vir beide die gedrukte en e-boekuitgawe
- Setwerk van die teks van die gedrukte uitgawe (tipografie)
- Die plasing van jou boek by ons aanlyn boekwinkel
- Bemarking van jou boek
- Kwotasie vir drukwerk deur ons ondersteunende drukker
- As skrywers kan ons ’n reuse bydrae lewer deur van professionele teksversorgers gebruik te maak en werk van minderwaardige gehalte sodoende te vermy. Teksredigering is wel ’n tydrowende proses, maar die eindresultate sal jou trots maak op jou werk en ’n welverdiende positiewe indruk gee oor jou as skrywer. Dit kan egter ook een van die duurste aspekte wees, en juis daarom vermy baie selfpubliserende skrywers hierdie proses en dra sodoende by tot die ongewenste stigma van selfpublikasie.
- Op te hou dink dat selfpublikasie is maklik, gratis en te verwag dat dit goedkoop móét wees. Niks in die lewe is goedkoop nie en dit wat goedkoop is, ís goedkoop. Jy kry waarvoor jy betaal. Spaar eerder of maak ’n reëling wat jou en verskaffer se sak sal pas. Weet jy hoe goed voel jy wanneer jou manuskrip topgehalte is? Daardie trotse gevoel kan niemand van jou ontneem nie.
- Om ons uitgewer beter te kies.
- Doen navraag oor wie die proeflesers is en oor watter kwalifikasies hulle beskik.
- Maak dit gewoonte om jou Professionele Redigeerde Manuskrip te merk as: PRM (wanneer jy jou boek bemark). Indien jy dit doen, sal die woord vinnig versprei, maar moenie die leser/koper verlei met valse inligting nie. Dit sal jou duur te staan kom en jy sal ’n slegte naam onder die eerlike skrywers/teksredigeerders kry.
- Koop net boeke wat professioneel geredigeer is. Vra voor jy aankope doen – dit is jóú reg, jóú geld.
Posted inUncategorized
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.