Ns. Skrywershuis se nuusbrief – NUUSHUIS – word aan almal wat ingeskryf het, elektronies gepos. Hierdie tydskrif in propvol inligting, resensies en interessante gebeure. Daar is soms besprekings en ʼn taalles, ʼn artikel oor publikasie en allerlei wenke. Die NUUSHUIS het nie ʼn vasgestelde uitleg of patroon nie – dus verskil dit van uitgawe na uitgawe.
Ontmoet ons skrywers en digters. Lees meer oor hulle wat ʼn verskil maak in die bevordering van skrywers en digters, oor bydraers tot die Afrikaanse literatuur en beroepsmense wat deel is van die publikasieproses. Daar sal gereeld vele meer geplaas word.
Enige leser kan ook ʼn artikel stuur vir oorweging om gepubliseer te word. E-pos jou bydrae na nicoschamrel@gmail.com onder die: BYDRAE NUUSHUIS.