KORTVERHALE VIR UITSENDING – hier is jou glansoomblik

Ns. Skrywershuis en AllesAfrikaans nooi jou uit om kortverhale in te stuur vir moontlike uitsending op Kaapstad Radio. Gryp hierdie kans aan en stuur vir ons jou beste verhaal!

ONDERWERP: Enige genre, enige onderwerp geskik vir openbare uitsending op gesinsradio.

VOORWAARDES: Die verhaal moet reeds professioneel versorg wees deur ’n teksversorger. Indien dit ‘n reeds gepubliseerde verhaal is, moet toestemming van die uitgewer verkry word en saam met die verhaal voorgelê word. Verhale word deur ‘n paneel beoordeel. Geen korrespondensie sal gevoer word t.o.v. nie-gekeurde verhale nie en die beoordelaars se woord is finaal.

FORMAAT: Word.doc alleenlik / Calibri (body) 11 / spasiëring teen 1.5 / Onder titel: Naam van skrywer en naam van teksversorger.

MERK E-POS: KR Inskrywing (uiters belangrik)

WOORDE: ongeveer 1500 – 2000 woorde.

STUUR NA: nicoschamrel@gmail.com