Die Beloftemaker

Is jy 'n dowwe oog gelowige of het jy bloot nie genoegsame kennis oor die Woord en God se beloftes nie?

Of  het jy iewers langs die pad vertroue en geloof verloor? Dalk het jy nog nie so gevorder om die Vader op Sy woord te neem nie.

Hierdie boek is Johannita Orsmond se ontdekkingsreis waarop sy jou hartlik uitnooi om saam te stap. Gegrond in 'n diepe verlange na God se teenwoordigheid, kan jy saam met haar stap om die verlange na God te stil, 'n verlange wat sal lei tot 'n geestelike ontwaking.

Die Beloftemaker is ‘n kompakte wandelpad om weer jou geloof te herontdek, met Bybelaanhalings en gebede wat sal lei tot by 'n vars geestelike herontdekking.

Order Now!
About the Book
Details
Author:
Genres: Christelike literatuur, Inspirerend, Motiverend
Tag: Christelike literatuur
Publisher: Ns. Skrywershuis
Publication Year: 2022
Format: Sagteband | ePub | Mobi
List Price: R130.00
eBook Price: R70.00
Order Now
About the Author
Johannita Orsmond

Johannita Orsmond is met Marius getroud en hul woon in Brits. Die paartjie het vier volwasse kinders. Johannita het verskeie diplomas in teologie en is tans besig met haar Bachelors graad in Divinity.