AllesAfrikaans

By admin

AllesAfrikaans – vir skrywers Johan Allers uit Amsterdam AllesAfrikaans is ‘n kuierplek vir taalliefhebbers, skrywers, digters, lesers en luisteraars van die Afrikaanse woordkuns. Ontmoet nuwe skrywers, lees oor ons moedertaal en neem deel aan gesprekke. Hierdie platform is geskep om talentvolle skrywers te bevorder en hulle skrywe aan die publiek bekend te stel.  Sluit aan…

NUUSHUIS SE NUUSBRIEF

By admin

Ns. Skrywershuis se nuusbrief – NUUSHUIS – word aan almal wat ingeskryf het, elektronies gepos. Hierdie tydskrif in propvol inligting, resensies en interessante gebeure. Daar is soms besprekings en ʼn taalles, ʼn artikel oor publikasie en allerlei wenke. Die NUUSHUIS het nie ʼn vasgestelde uitleg of patroon nie – dus verskil dit van uitgawe na…

Selfpublikasie het wolwe!

By admin

SELFPUBLIKASIE – hoe nou gemaak? Jy tik die laaste woorde: Die einde. Jou manuskrip staar na jou en jy blaas jou laaste asem uit – nie letterlik nie, net figuurlik – ’n slaag van verligting. Jy het maande voor jou skootrekenaar deurgebring en soms weens ondervoeding, weggekwyn. Jou dae was gevul met kafeïenwalms en vitamienpille,…

Aankope van eBoeke

By admin

MAKLIK, VINNIG EN GOEDKOOP!  Om enige eBoek aan te koop is so maklik soos modderkoekies bak! Jy kan jou eBoek op jou rekenaar of selfoon lees. Selfs my dierbare 85-jarige moeder kon dit regkry! Op die webwerf – klik op BOEKWINKEL – kies die boek wat jy wil aankoop Klik op die BESTEL NOU balkie…

Die stigma van selfpublikasie

By admin

ONS KAN BETER DOEN Ek steek my kop in ’n byenes, maar as ék dit nie doen nie, wie sal? Ons moet die waarheid in die gesig staar, erken ons het gefouteer – alleenlik dán kan mens ’n oplossing vind. Nico Schamrel. Daar is heelwat lesers wat teen selfpublikasie gekant is, want die noodsaaklike inligting…

Bets Koen se reis na Op Die Berg

By admin

Bets Koen het die voorreg gehad om Karel Nel se boek – Vaal ver pad – aan hom te oorhandig by ’n spesiale boekbekendstelling. Sy het in die hoedanigheid as teksversorger van hierdie besonderse boek, PENdit.za en Ns. Skrywershuis (uitgewer) hierdie geleentheid bygewoon. Die bekendstelling is gehou op die klein dorpie, Op Die Berg, ongeveer…

BOEKBEKENDSTELLING

By admin

BOEKBEKENDSTELLING Titel: Eenswaan  Skrywer: Karien de Wet Jacobs Uitgewer: Ns. Skrywershuis www.nskrywershuis.co.za Prys: R85.00 (eBoek) / R150.00 (sagteband) Bestel hier: http://nskrywershuis.co.za/product/eenswaan/ Waarborg: ALLE BOEKE wat deur Ns. Skrywershuis te koop aangebied word, is PGM-boeke (Professionele Geredigeerde Manuskrip) en voldoen dus aan hoë standaard van goeie Afrikaanse Literatuur. Sinopsis: Karin en haar verloofde, Deon, is op…

BOEKBEKENDSTELLING

By admin

BOEKBEKENDSTELLING Titel: Verydelde drome  Skrywer: Leana van der Walt Uitgewer: Ns. Skrywershuis www.nskrywershuis.co.za Prys: R65.00 (eBoek) / R145.00 (sagteband) Bestel hier: http://nskrywershuis.co.za/product/verydelde-drome/ Waarborg: ALLE BOEKE wat deur Ns. Skrywershuis te koop aangebied word, is PGM-boeke (Professionele Geredigeerde Manuskrip) en voldoen dus aan hoë standaard van goeie Afrikaanse Literatuur. Sinopsis: ʼn Skooldogter in haar matriekjaar op…

BOEKBEKENDSTELLING

By admin

BEKENDSTELLING – Melindi Heyns TITEL: Lewensloop UITGEWER: Ns. Skrywershuis www.nskrywershuis.co.za PRYS: R70.00 (eBoek) R160.00 (sagteband) WAARBORG: Hierdie is ʼn PGM-boek (Professionele Geredigeerde Manuskrip) en voldoen dus aan hoë standaard van goeie Afrikaanse Literatuur. BESTEL HIER: http://nskrywershuis.co.za/product/lewensloop/ LOKTEKS: Grootword gaan gepaard met stampe en stote, veral as vyf pastoriekinders een badkamer moet deel. Die Swanepoels is…

TAALLES

By admin

Die los- en vasskryf van woorde: VASSKRYF: Woorde wat een begrip is, word in Afrikaans (anders as bv. in Engels) vas geskryf, bv. Afrikaansonderwyser. Onthou: ‘n koppeltekenwoord is ook een woord. SAMESTELLINGS word as een woord geskryf, bv. ‘n naamwoord + naamwoord, bv. skoolkind ‘n naamwoord + voornaamwoord, bv. pa-hulle, Naledi-hulle ‘n naamwoord + voorsetsel,…

Boekbekendstelling: VAAL VER PAD – Karel Nel

By admin

BOEKBEKENDSTELLING: Ons nuwe skrywer, Karel Nel, se boekbekendstelling vind plaas hierdie komende Saterdag by die Verenigde Gereformeerde Kerk op die pragtige dorpie – OP DIE BERG – in die Koue-Bokkeveld. Die boek, Vaal ver pad, is uitverkoop en nuwe voorraad word gedruk vir die bekendstelling. Bets Koen sal PENdit.za en Ns. Skrywershuis verteenwoordig. Karel Nel is 65…

Die stigma van selfpublikasie

By admin

Ek steek my kop in ’n byenes, maar as ék dit nie doen nie, wie sal? Ons moet die waarheid in die gesig staar, erken ons het gefouteer – alleenlik dán kan mens ’n oplossing vind. Nico Schamrel. Daar is heelwat lesers wat teen selfpublikasie gekant is, want die noodsaaklike inligting en leiding word nie…

My gebed vir ‘n boer

By admin

MY GEBED VIR ’N BOER KAN BESTEL WORD! PRYS: R140 + R60 (PAXI) Hierdie besonderse boek is ’n fondsinsamelingsprojek deur NS Liefdesdiens. Dit bestaan uit gebede, skrywe en gedigte deur 60 bekendes, asook bydraes deur die publiek. Hierin word daar hulde gebring aan die boer en sy werkers, asook gebede vir die veiligheid van ons land se…

Uitgewer – Ns. Skrywershuis – jou uitgewer en aanlyn boekwinkel

By admin

As uitgewer kan ons jou help om onafhanklik jou boek te publiseer. Ons beskou onsself as die argitek van jou publikasie. Om ’n huis te bou, benodig ’n bouer planne. Om ’n boek te publiseer, word ook planne benodig. Ons beskik oor daardie planne. Die basis van ’n suksesvolle boek is die inhoud. As jou…

Karakters in verhale

By admin

KARAKTERS EN EMOSIES:  ‘n Romanse of liefdesroman moet verkieslik karaktergedrewe en emosie-gedrewe wees, eerder as gebeure-gedrewe soos ‘n spanningsroman. M.a.w. elke aksie of reaksie van jou karakter moet spruit uit wie sy is en hoe sy voel op daardie oomblik, anders skep jy kartonkarakters wat jou lesers gou sal verveel. Dis al klaar ‘n mondvol…

Manuskrip voorlegging

By admin

Kry vooraf agtergrondinligting van die uitgewer waarheen jy jou manuskrip wil stuur. Meeste uitgewers het ’n webwerf waarop hulle hul eie spesifikasies uiteensit. Stuur slegs jou heel beste poging. Laat jou manuskrip proeflees en redigeer. Hoekom jou kanse verbeur met ’n manuskrip vol foute? Moet nooit ’n manuskrip aan meer as een uitgewer gelykertyd stuur nie.…