Uit hierdie Valkenburg
Die apostrofiese gedigte in hierdie bundel is tereg opgedra aan 'n moeder, 'n ouma en alle sterk vroue daarbuite.
Die spreker se band met sy moeder wat hom met liefde en deernis grootmaak, word op abrupte wyse versteur wanneer ‘donker geeste … jou siel van my steel.’
Hierdie digbundel open die venster vir 'n kykie in een van die donkerste hoekies van die spreker-digter se siel.
More info →Koster
Hoe hy steeds oor sy skouer moet kyk, sonder enige rede, want Koster verlede lê twintig jaar terug begrawe en lankal vergete. Die enigste een wat onthou, is hy wat daarmee saamleef. Sal sy verlede op die doeke kom? Wanneer hierdie gevoel hom klem en smoor word hy angstig en dit voel of sy horison al hoe nader sluip. ʼn Beklemming binne ʼn bedwangbaadjie met ʼn leer stang in jou mond waarop jy byt tot jou tandvleis bloei.
Juis nóú wanneer sy lewe weer normaal voel, daag ʼn vrou by sy deur op om hom uit sy gemaksone te slinger. Waarna is sy opsoek?
Soms is dit jou gewete wat jou gevange hou en ander kere is dit mense.
ʼn Spinnekop het spintepeltjies wat sydraadjies afskei om hul prooi te vang; spin toe die prooi, versmoor tot ʼn leë dop. Spinnekopmense het kettings, slotte, boeie en pille waarmee hulle jou manipuleer tot jy ʼn leë dop is.
ʼn Afvlerk duif kan nie vlieg nie.
More info →Die heilige koeie se moe
Wie is die tannies in hulle Fortuners en waarheen is hulle op pad? Wat is badbomme en hoe werk dit nou eintlik? Waarnatoe hardloop die mense wat ons langs die pad sien? Vlug hulle vir iemand? Hoekom moet die toilet se sitplek plat wees? Hoekom is daar kinders en wat moet mens met hulle doen? ESKOM? Hoekom? Net. Hoekom? Daar word verduidelik hoekom kamp die duiwel se oorkussing is. En nog vele meer.
Die versameling humoristiese kommentaar en staaltjies verduidelik hoekom Riaan Palmer altyd in die moeilikheid is. Selfs al het sy ma hom gewaarsku dat hy nie mag vloek nie, glip daar elke nou en dan die vreeslikste lelike woorde uit. Die boek is nie bedoel vir puriste, kwaai tannies, fyngevoelige Magriete of Heilige Koeie nie. Ons kan vir mekaar lag of ons kan huil. Hierdie boek bewys dat lag altyd beter is as huil.
More info →Verydelde drome
Haar frustrasie vererger toe haar hart op galop gaan vir ʼn aantreklike man. Toe sy egter haar eie besluite begin neem, stort haar wêreld ineen.
Sy keer terug na die dorp van haar jeug. Sy maak vrede met die lewe en wil ʼn nuwe bladsy oorslaan, maar haar verlede haal haar in toe sy verloof raak aan Dirk de Lange.
More info →Lewensloop
Die Swanepoels is ’n hegte gesin, elk met sy eie persoonlikheid. Die lewe neem sy loop, die paaie skei, maar die naelstringe bly verbind, al slyp dit dun. Almal sien uit na ʼn welverdiende vakansie op die plaas, tussen kinderherinneringe. Maar dan tref tragedie en ʼn geraamte kom te voorskyn ...
More info →Eenswaan
Gedurende die naweek, word onderdrukte gevoelens weer aangewakker deur ’n man uit haar verlede. Sy twyfel oor haar verlowing en voor sy ’n besluit kon neem, gebeur die onafwendbare.
Sy moet kies tussen getrouheid of haar eie geluk. ’n Vakansie na Rooiboshoek mag dalk net die antwoord bied.
More info →Oktoberkind
Met die verskyning van haar bundel Oktoberkind, stel Magdalie Grobler haar talent as digter ongebonde ten toon. Haar gedigte vertolk die lewe onbevange, lig hier en daar die sluier op verborge gedagtes en emosies om die leser se hart saggies met welgekose woorde te omvou.
More info →Blood mines
It is the year 2048, 30 years after a devastating quake had changed Gauteng’s geographic features. The effects of the acid water, that covered most of the area, was visible to everyone but the government. The silent death crawling closer leaving devastation in its path. Nothing is excluded from the terror.
Tanya and Steve’s path of survival meet up with the rebels in their search for clean water and she had to face much more than just acid water to stay alive.
A thrilling story of courage and survival.
More info →REDRUM revenge
But when the rattling of the skeletons became too noisy, dead bodies started appearing everywhere.
Who was the dark shadow that was lurking outside Inga’s place? And who’s following Liza, her girlfriend?
Were Luke and Alec the same person and where do they fit into all of this?
Was everything okay between Inga and her girlfriend, or did Liza find out about the stripper?
One thing’s for sure…never underestimate the power of an abused woman…there’s nothing like a woman’s scorn.
More info →Die oord
Haar droom om ’n eksklusiewe gesondheidsoord te begin, word bewaarheid en baie gewild.
Maar met twee moorde en geld wat verdwyn, is dinge alles behalwe rustig by Die Oord.
Wie is die gedaantes wat saans by Die Oord rondsluip?
Wat is die vreemde erfgenaam se agenda en waar pas die aantreklike Wesley in die prentjie?
More info →Jan-sê-nou-net
Sal hy homself kan red, van wegkruip in die bed?
Hierdie kinderboek is vol pret. Jan leer gou dat dit waarvoor hy so vrees, eintlik nie so erg is nie en vind pret in elke bangmaak-ding.
More info →A spirit of stone and a keyring
This book will inspire others to dig deep within to find their higher selves, their true spirit when they encounter challenging times.
“It is here where true courage is found. It is here where we find our true life purpose and learn to accept the things we cannot change. It may be the scariest thing you’ve ever done and may feel like the dark night of the soul, but you will grow so much as an individual and come out the other side with utter peace in your soul.”
Change comes through adversity.
More info →Schönland
Sy verloor perspektief, maar soos sy groot word besef sy dat Brett MacPherson haar eerste liefde is en altyd sal bly. ‘n Onverklaarbare liefde, want net sodra sy dink hy sal by haar bly dan verdwyn hy weer berge toe en los haar alleen. Sy voer ‘n innerlike stryd met haarself elke keer as hy verdwyn, maar die verbintenis tussen hulle twee is te sterk. Sy ontdek spoedig dat sy ‘n geheim met haar saam dra. Intussen sterf Cindy se pa en oom Lance kom help haar met Schönland. Alex du Randt, die sjarmante vriend van skool tyd af, help haar met haar geheim. Ongelukkig ontwikkel hy ‘n obsessie met haar en verloor beheer. Brett is die enigste een wat daarin slaag om vernuwing in Cindy se lewe te bring. Sy lewe word egter bemoeilik wanneer Alex hom uitoorlê. Brett vlug weer berge toe om genesing te gaan soek en los vir Cindy alleen op sy plaas. Cindy se hart word donker. Sal sy vir Brett weer in haar lewe toelaat of nie? Haar verlossing sal kom van die een wat haar liewer het as Brett Macpherson, en dit is haar pa.
More info →Vaal ver pad
Om egter met ’n donkiekar deur die Tankwa-Karoo te reis, kan nogal ’n uitdagende ervaring wees.
Vir Jafet en Sarah is dit nie net ’n reis huis toe op die stowwerige, vaal pad deur die droë Karoo nie, maar ook ’n lewens- en sielereis na ’n onseker toekoms.
Die seer van die lewe het Groenvlei in hulle afwesigheid in oorvloed getref. Jafet en sy vrou Sarah is die uitkoms op gebede om vertrapte liefde te herstel. Maar Groenvlei? Sal die plaas ooit weer herstel?
More info →DEKAT LUUKSE UITGAWE 2022
Ons bied ’n praguitgawe propvol artikels oor kuns, kos, kultuur, motors, mense, aktuele sake, ons diep stories op uit die verlede en gooi ’n ander lig daarop – in kort – ons missie is om ons lesers te vermaak. Só skryf redakteur, Elzilda Becker.
More info →Ek blaai versigtig deur my uitgawe. Sommige mense sal dit beskryf as vreemd en abnormaal – ’n lekker vreemdheid en ’n kunstige abnormaliteit. Ek vind dit eksoties, sonderling, eiesinnig, raar, afwykend, rebels, stroomop, grotesk, onkonvensioneel en effe mal. Kunstenaars moet effe mal wees, glo ek. En wanneer ek van ‘mal’ praat, bedoel ek nie kranksinnig of getik nie, maar eerder laf-mal. Kunstenaars, skrywers, digters, fotograwe en skilders sien dinge op ’n ander manier as Jan Alleman. Hulle bring daardie andersheid na vore en maak van niks ’n kunswerk wat jy wil raam en teen jou muur hang.
Dít, liewe leser, is wat so spesiaal is aan hierdie DeKat. ’n Hele 330 bladsye vol skatte; lieflike leesstof, fotografie wat jou verstom en verlustig, watertand en smullekker ... ek raak nou weer van vooraf opgewonde. Laat ek net asemskep. Nico Schamrel, Uitgewer en skrywer | Ns. Skrywershuis
Spieëlbuis
Dit is ’n versameling gedigte en prosa wat mense insig kan bied oor die toestand en hoe dit manifesteer.
Spieëlbuis is afgelei van die woord kaleidoskoop, die toestel wat gedurende 1816 deur die Skotse wetenskaplike David Brewster (1781-1868) ontwerp is. Die naam van die toestel is saamgestel uit drie Griekse woorde: kálos: mooi, eidos: beeld en skopein: sien.
Drie spieëls word gerangskik as ’n driehoekige prisma, wat reflekteer op die kernsektor van ’n buis. Die hoekopstelling van die spieëls veroorsaak die vermenigvuldiging van beelde van die voorwerpe tussen die deurskynende glas. Minder of meer spieëls in die binnekantste buis verander die visuele beelde van die kaleidoskoop.
Met hierdie publikasie lig die skrywer die elemente van haar eie interne en eksterne realiteite uit en plaas dit binne ’n sigbuis van woorde, wat geskommel en gereflekteerd terugbons na die intro- en retrospektiewe kyker. Die nou-keurige opstel van gewaarwordinge teenoor mekaar, as die “sigspieëls” van tydlose spirituele elemente, geskakeer deur die tydelike, kontemporêre wêreld, word ’n kleurvolle en komplekse sosiale werklikheid.
More info →
Die prinses in die glaskas
Maar wat gebeur as Prinses Tienkie skielik siek word? Hoe gebeur dit dat sy in 'n glaskas beland? Kom lees saam oor die manewales van Prinses Tienkie en ontmoet die Goeie Fee en Kallie Kabouter.
More info →Konfytjie
KONFYTJIE is kinderhumor teen 'n kinderhuis agtergrond.
Die verhaal:
Om agtuur soggens loop vrolike kleuters van die kinderhuis wat deur hul versorgers mooi aangetrek is, met hulle heerlike kospakkies in hulle rugsakkies in rye na die kleuterskool wat op die kinderhuis se perseel is. Hier ontvang die kleuters van agtuur tot twaalfuur soggens opvoedkundige onderrig
Die seuntjie waaroor konfytjies storie geskryf is, het soms in die dogtershuis se lang gang op ’n dogtertjie se pienk fietsie gery en ’n lekker grondboontjiebotter-en-konfytbroodjie geniet. Die versorger was aangespreek oor die seuntjie wat soms so in die dogtershuis kuier. Dit is nie toelaatbaar nie.
Die seuntjie het tog onthou wat sy ogies gesien het, en het toe kom aanklop by die dogtershuis se deur.
Besoek ons aanlyn winkel vir die additionele boekies in die reeks, by: https://nskrywershuis.co.za/jou-boekwinkel-jou-uitgewer/
FACEBOOK: https://www.facebook.com/groups/441747287047528
More info →Die meisie met die pêreloorbel
Die resultaat is 23 kortverhale deur 5 skrywers. Die verhale is uiteenlopend van aard: komies, diep ernstig, geskiedkundig, futuristies, verrassend, ekstaties, geheimsinnig, dalk effe ontstellend, nostalgies of gevul met belofte en liefdevol. Ons hoop dit sal ander inspireer. Om te skryf is benewens die genot inherent aan die skeppende taak ook terapeuties. Ons het elkeen ʼn storie om te vertel, al word dit nooit gepubliseer nie.
Die meisie met die pêreloorbel is saamgestel deur Macolm de Roubaix. Ons hoop u geniet wat u lees. My e-posadres is malcolmderoubaix@gmail.com; ons sal u terugvoer waardeer.
More info →Camino van die hart
Herman Fourie, die veldwagter en toerleier is alles wat sy nie geweet het sy nodig het nie: standvastig, beskermend, en met oë wat regdeur haar kyk.
Van eerste ontmoeting af is daar ‘n onmisbare vonk – een wat nie maklik geblus kan word nie.
Wat as ‘n speelse ooreenkoms begin – om voor te gee hulle is in ‘n verhouding vir ‘n groep matriekmeisies – raak gou ingewikkelder. ‘n Week, twee, drie. Rolle raak werklik en grense begin vervaag.
Maar wanneer tragedie onverwags toeslaan en Elzet se wêreld in skerwe lê, word die Camino meer as net ‘n staproete. Dit word ‘n pelgrimstog van rou, van genesing en uiteindelik ... ware liefde.
Kan Herman haar deur haar donkerste uur dra? En kan Elzet weer leer glo – in die lewe, in haarself, en in die liefde wat hulle nooit beplan het nie?
In hierdie hartroerende roman van verlies, hoop en tweede kanse, ontdek twee siele dat soms is die langste reise nie dié oor berge, deur bosse en in watervalle nie, maar dié na mekaar toe.
More info →The new favourite patient
Driven by a childhood witnessing the devastating effects of his grandfather’s infidelity and abuse, Ellias vowed never to participate in the "human game of intimacy". However, the weight of his responsibilities leads to chronic insomnia and exhaustion, prompting his flamboyant friend, John, to intervene.
John directs Ellias to Dr. Amara Patel, a brilliant and striking physician who immediately dismantles Ellias’s professional walls. What begins as a medical consultation rapidly spirals into a complex, trauma-bonded relationship. Amara presents herself as a "chameleon," weaving tragic tales of a high-pressure upbringing, professional persecution, and deep personal loss to secure Ellias’s devotion.
As Ellias becomes Amara’s protector, chauffeur, and financial support, his own life begins to tilt. He finds himself entangled in a web of fraudulent prescriptions, suspicious car accidents, and a barrage of inconsistent stories about her family’s poverty, contradicted by their apparent wealth. The novel explores the harrowing journey of a man of logic realizing he is trapped in a "tactical nuclear strike" of a relationship, ultimately forcing him to confront the ghosts of his past to reclaim his future.
More info →This true-life drama will shock you to the core. Although true, the names of the people involved have been changed for obvious reasons.






















